2014/04/02

Wie is ek, wie is jy?

Weet jy wie jy is?
Dit wil vir my voorkom of daar te veel is wat met `n identiteitskrisis sit.
Oral probeer mense hul beste self vind deur middel van guru's, selfhelp boeke, sielkundiges, ens.

Die kerk behoort die wêreld `n les te kan leer oor identiteit, want ons het dit mos reeds in Jesus Christus gevind. Daarom skryf Paulus in 1 Kor 14:8-9 "As ons lewe, leef ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes."

Die belydenis van die Heidelbergse kategismus vat dit mooi saam: "Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself behoort nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus."

Die uitdaging vir die kerk is om te wees wie ons reeds in Jesus is, want as ons dit regkry sal ons vir baie mense tot seën wees.

No comments:

Post a Comment