2014/04/15

Dringend

Hoe dringend is jy?

In sy boek "A sense of urgency" wys John Kotter daarop dat meeste organisasies wat
sukkel om te verander nie dringend genoeg is nie. Hierdie organisasies is tevrede en gerus
met hulle huidige omstandighede en uiteindelik beteken dit hulle ondergang.

Dit laat my nogal dink aan `n dringende boodskap wat Jesus aan sy volgelinge gegee het:
"Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels..." (Mat 28:19).
Ek wonder hoeveel kerke en gelowiges dringend genoeg is,
of is ons maar net vergenoegd met wat ons het?

No comments:

Post a Comment