2014/06/09

Storieman

Stories is baie belangrik!

In die aande lees ek en my dogtertjie verskeie stories en dan kom ek
weer onder die indruk hoe belangrik verhale is.
Nog al die jare het die mens stories vertel om lesse te leer, konteks te bied en sin aan die lewe te gee.

Die belangrikste storie wat nog ooit vertel was, is natuurlik daardie een wat `n paar duisend jaar geneem het om geskryf te word. Dit begin by Genesis en eindig in Openbaring. Ons noem hierdie verhaal "God se outobiografie."

Dit is `n ware verhaal wat sy hoogtepunt bereik het toe die outeur besluit om self in die storie te klim en die ander karakters te red. Ons lees daarvan in Johannes:

"In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God...
 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, 
 die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid...
 Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God , wat die naaste aan die Vader is,
 die het Hom bekend gemaak." (Jh 1:1,14 &18)