Ons lees daarvan in die Bybel.
"Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop. Net toe Hy uit die water kom, het Hy die hemel sien oopskeur en die Gees soos `n duif na Hom toe sien neerdaal. Daar was ook `n stem uit die hemel: "Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My." (Mark 1:9-11)
"Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen. Verheerlik U My nou ook by U, Vader, met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld bestaan het." (Joh 17:4-5)
Die drie Persone van die drie-eenheid verheerlik en eer mekaar van ewigheid af. Die bekende outeur C.S Lewis (Mere Christianity) vergelyk dit met `n dans, want om te dans moet die partye om mekaar draai.
Tim Keller (Kings Cross) stel dit treffend: “ Instead of self-centeredness, the Father, the Son, and the Spirit are
characterized in their very essence by mutually self-giving love. No person in
the Trinity insists that the others revolve around him; rather each of them
voluntarily circles and orbits around the others… If this world was made by a
triune God, relationships of love are what life is all about.”
Alles gaan oor verhoudings. Die wonderlike nuus van paasfees is dat Jesus Christus vir `n tyd uit die Goddelike dans getree het
sodat ons werklik deel daarvan kan word. Deur Sy offer word gelowiges met God drie-enig versoen (2 Kor 5:17-19). Dit beteken dat volgelinge van Jesus se lewe nie meer om hulself draai nie, maar eerder om God en ons naaste (vgl. Mark 12:28-31).