Die verbruikerskultuur waarin ons leef is besig om alles te infekteer.
Mense "consume" alles van karre, klere, huise en selfs kerke.
Die hartseer is dat ons besig is om `n samelewing van parasiete te kweek,
want alles gaan oor die "eie-ek" en my behoeftes.
Mense wat Jesus volg behoort eintlik vrugtebome te wees.
Vrugte bome gee... hul gee skadu, kos en blyplek.
Jesus se volgelinge was van die begin af bedoel om `n seën aan ander te wees en daarom skryf Petrus: "Julle, daarenteen, is `n uitverkore volk, `n koninklike priesterdom,
`n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig." (1 Pet 2:9)
Volgelinge van Jesus word nie geroep om parasiete te wees nie. Ons is `n koninklike priesterdom wat ons Here se liefde en seën aan die wêreld moet bedien.
No comments:
Post a Comment