Stories is baie belangrik!
In die aande lees ek en my dogtertjie verskeie stories en dan kom ek
weer onder die indruk hoe belangrik verhale is.
Nog al die jare het die mens stories vertel om lesse te leer, konteks te bied en sin aan die lewe te gee.
Die belangrikste storie wat nog ooit vertel was, is natuurlik daardie een wat `n paar duisend jaar geneem het om geskryf te word. Dit begin by Genesis en eindig in Openbaring. Ons noem hierdie verhaal "God se outobiografie."
Dit is `n ware verhaal wat sy hoogtepunt bereik het toe die outeur besluit om self in die storie te klim en die ander karakters te red. Ons lees daarvan in Johannes:
"In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God...
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien,
die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid...
Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God , wat die naaste aan die Vader is,
die het Hom bekend gemaak." (Jh 1:1,14 &18)
Pukpriester
2014/06/09
2014/04/17
Die Goddelike dans
Het jy al gehoor van die Goddelike dans?
Ons lees daarvan in die Bybel.
"Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop. Net toe Hy uit die water kom, het Hy die hemel sien oopskeur en die Gees soos `n duif na Hom toe sien neerdaal. Daar was ook `n stem uit die hemel: "Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My." (Mark 1:9-11)
"Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen. Verheerlik U My nou ook by U, Vader, met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld bestaan het." (Joh 17:4-5)

Die drie Persone van die drie-eenheid verheerlik en eer mekaar van ewigheid af. Die bekende outeur C.S Lewis (Mere Christianity) vergelyk dit met `n dans, want om te dans moet die partye om mekaar draai.
Tim Keller (Kings Cross) stel dit treffend: “ Instead of self-centeredness, the Father, the Son, and the Spirit are
characterized in their very essence by mutually self-giving love. No person in
the Trinity insists that the others revolve around him; rather each of them
voluntarily circles and orbits around the others… If this world was made by a
triune God, relationships of love are what life is all about.”
Alles gaan oor verhoudings. Die wonderlike nuus van paasfees is dat Jesus Christus vir `n tyd uit die Goddelike dans getree het
sodat ons werklik deel daarvan kan word. Deur Sy offer word gelowiges met God drie-enig versoen (2 Kor 5:17-19). Dit beteken dat volgelinge van Jesus se lewe nie meer om hulself draai nie, maar eerder om God en ons naaste (vgl. Mark 12:28-31).
2014/04/15
Dringend
Hoe dringend is jy?
In sy boek "A sense of urgency" wys John Kotter daarop dat meeste organisasies wat
sukkel om te verander nie dringend genoeg is nie. Hierdie organisasies is tevrede en gerus
met hulle huidige omstandighede en uiteindelik beteken dit hulle ondergang.
Dit laat my nogal dink aan `n dringende boodskap wat Jesus aan sy volgelinge gegee het:
"Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels..." (Mat 28:19).
Ek wonder hoeveel kerke en gelowiges dringend genoeg is,
of is ons maar net vergenoegd met wat ons het?

2014/04/05
Is jy vrugteboom of `n parasiet?
Die verbruikerskultuur waarin ons leef is besig om alles te infekteer.
Mense "consume" alles van karre, klere, huise en selfs kerke.
Die hartseer is dat ons besig is om `n samelewing van parasiete te kweek,
want alles gaan oor die "eie-ek" en my behoeftes.
Mense wat Jesus volg behoort eintlik vrugtebome te wees.
Vrugte bome gee... hul gee skadu, kos en blyplek.
Jesus se volgelinge was van die begin af bedoel om `n seën aan ander te wees en daarom skryf Petrus: "Julle, daarenteen, is `n uitverkore volk, `n koninklike priesterdom,
`n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig." (1 Pet 2:9)
Volgelinge van Jesus word nie geroep om parasiete te wees nie. Ons is `n koninklike priesterdom wat ons Here se liefde en seën aan die wêreld moet bedien.

2014/04/02
Wie is ek, wie is jy?
Weet jy wie jy is?
Dit wil vir my voorkom of daar te veel is wat met `n identiteitskrisis sit.
Oral probeer mense hul beste self vind deur middel van guru's, selfhelp boeke, sielkundiges, ens.
Die kerk behoort die wêreld `n les te kan leer oor identiteit, want ons het dit mos reeds in Jesus Christus gevind. Daarom skryf Paulus in 1 Kor 14:8-9 "As ons lewe, leef ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes."
Die belydenis van die Heidelbergse kategismus vat dit mooi saam: "Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself behoort nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus."
Die uitdaging vir die kerk is om te wees wie ons reeds in Jesus is, want as ons dit regkry sal ons vir baie mense tot seën wees.

Subscribe to:
Posts (Atom)